Proverbs 1:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So is die weë van elkeen wat winsgewend is; wat die lewe van die eienaars daarvan wegneem.
Afrikaans (NLV) 2011
So gaan dit met elkeen wat met geweld ryk wil word: sulke rykdom verwoes die lewe van die een wat dit verkry.
Afrikaans 1933/1953
So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe.
Afrikaans 1983
So gaan dit met elkeen wat vat wat hom nie toekom nie: rowery kos hom sy lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So verloop die lewenspad van elkeen wat onregverdige wins maak – dit kos die een wat dit verkry, sy lewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elke mens wat ander mense se goed wil vat, sal sterf. Dit is wat met hom sal gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle draai hulle vaster in hulle eie sonde. En op ’n dag is dit klaarpraat met hulle. Sonde kos hulle hulle lewe.