Proverbs 1:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die wysheid roep buite; sy uiter haar stem op die strate:
Afrikaans (NLV) 2011
Wysheid staan en roep op die straat. Op die stadspleine roep sy hardop.
Afrikaans 1933/1953
Die Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine,
Afrikaans 1983
Wysheid is 'n vrou wat langs die straat staan en roep, sy laat haar stem hoor op die stadspleine,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wysheid roep opgewonde op straat, op die stadspleine laat sy haar stem hoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die wysheid is soos 'n vrou wat langs die straat staan en roep. Sy skree op die oop stukke grond in die stad,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Lewenswysheid is soos ’n predikant wat in die strate en die groot bymekaarkomplekke preek.