Proverbs 1:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sy roep in die voorste plek van samekoms, by die openinge van die poorte; in die stad spreek sy haar woorde en sê:
Afrikaans (NLV) 2011
Sy roep by die plekke waar mense bymekaarkom. Sy praat by die ingange van die stadspoorte. Haar boodskap is:
Afrikaans 1933/1953
op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde:
Afrikaans 1983
sy roep bo die rumoer uit, by die ingange van die stadspoorte sê sy wat sy te sê het:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aan die bopunt van 'n rumoerige straat roep sy uit, by die ingange na die stadspoorte klink haar woorde op:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
sy skree by die plekke waar die mense bymekaarkom, sy staan voor die poorte van die stad en sy sê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy loop die stad plat en verkondig haar boodskap oral: