Proverbs 1:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hoe lank, julle eenvoudiges, sal julle die eenvoud liefhê? en die spotters verlustig hulle in hulle spot, en die dwase haat kennis?
Afrikaans (NLV) 2011
“Hoe lank gaan julle domkoppe nog bly klou aan julle domheid? Hoe lank gaan die spotters aanhou met hulle gepratery? Hoe lank gaan die swape kennis bly verwerp?
Afrikaans 1933/1953
Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase kennis haat?
Afrikaans 1983
“Julle onkundiges, hoe lank gaan julle nog vashou aan julle onkunde, gaan die grootpraters hulle pratery geniet en die swape 'n afkeer hê van kennis?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Hoe lank nog gaan julle, onkundiges, onkunde liefhê, gaan spotters 'n geklets waardevol ag, en gaan dwase kennis haat?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Julle wat baie min weet, hoe lank sal julle tevrede wees om min te weet? Hoe lank sal dit lekker wees vir mense om aan te hou spot, hoe lank sal dwase dit haat om dinge te weet?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Hoe lank sal julle, geestelik onvolwassenes, met julle onvolwassenheid aanhou; sal julle, ligsinniges, met ’n gelukkige lewenswandel spot; sal julle, dommes, ware kennis vertrap?