Proverbs 1:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Bekeer julle tot my teregwysing: kyk, Ek sal my Gees oor julle uitgiet, Ek sal my woorde aan julle bekend maak.
Afrikaans (NLV) 2011
“As julle reageer op my berisping, sal ek my gees op julle uitstort. Ek sal my woorde aan julle bekendmaak.
Afrikaans 1933/1953
Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak.
Afrikaans 1983
As julle luister na my teregwysing, gee ek julle my wysheid in oorvloed en leer ek julle my woorde begryp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle moet reageer op my teregwysing. Kyk, ek sal my gees vir julle laat uitstroom, ek sal my woorde aan julle bekend maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet weer kom luister na wat ek vir julle wil leer. Ek sal vir julle alles sê wat ek weet, ek sal julle help om te verstaan wat ek sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Bekeer julle! Luister na my woorde! Dan sal ek julle met al die spreuke wys hoe om reg te leef. Ek sal julle vertel hoe om geluk te vind.