Proverbs 1:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Omdat Ek geroep het, en julle het geweier; Ek het my hand uitgesteek, en niemand het dit gesien nie;
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het na julle geroep, maar julle wou nie luister nie. Ek het my hand uitgesteek na julle, maar julle het dit nie gevat nie.
Afrikaans 1933/1953
Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie,
Afrikaans 1983
“Ek het geroep en julle wou nie luister nie, ek het my hand uitgesteek en julle het dit nie gegryp nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Omdat ek geroep, maar julle geweier het, ek my hand uitgesteek, maar julle geen aandag gegee het nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe ek geskree het, wou julle nie luister nie, toe ek my hand uitgesteek het om julle te roep, het niemand gekyk nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Waarom luister julle nie as ek praat nie? Waarom steek ek die hand van vriendskap na julle uit en julle verwerp dit?