Proverbs 1:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wanneer jou vrees kom soos 'n verwoesting, en jou ondergang kom soos 'n stormwind; wanneer benoudheid en benoudheid jou oorval.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek gaan vir julle lag wanneer angs soos ’n storm oor julle losbreek, wanneer benoudheid julle tref soos ’n stormwind en julle in swaarmoedigheid verval.
Afrikaans 1933/1953
as julle verskrikking kom soos 'n onweer, en julle ondergang soos 'n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.
Afrikaans 1983
wanneer daar nood en kwelling oor julle kom. Die angs sal soos 'n storm oor julle kom, die ongeluk sal julle tref soos 'n orkaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
wanneer julle verskrikking kom soos 'n stormwind, en julle teenspoed losbreek soos 'n orkaan, wanneer benoudheid en angs julle oorval.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle sal skrik soos wanneer daar 'n stormwind kom, soos wanneer 'n sterk wind alles verwoes en julle baie bang word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As vrees julle beetpak, as paniek julle soos ’n magtige stormwind oorweldig, as ellende julle soos ’n onverwagse warrelwind tref, as angs julle deel word, sal ek met julle spot.