Proverbs 1:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want hulle het kennis gehaat en die vrees van die HERE nie gekies nie;
Afrikaans (NLV) 2011
Van my kennis wou hulle mos niks weet nie. Respek vir die Here wou hulle mos nie betoon nie.
Afrikaans 1933/1953
Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie,
Afrikaans 1983
Julle het 'n afkeer van kennis gehad, julle het geweier om die Here te dien,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aangesien hulle kennis gehaat het, ontsag vir die Here nie gekies het nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit sal gebeur omdat julle dit haat om dinge te weet, en omdat julle nie gehoorsaam wou wees aan die Here en Hom nie wou eer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[29-31] “Omdat julle egte lewenskennis verag het, die Here nie liefgehad het nie, alle raad vir ’n gelukkige lewe in die wind geslaan het; daarom sal julle die vrot vrugte van julle verskriklike dade proe. Julle slim ou plannetjies sal julle nog walg.