Proverbs 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Om die onderrig van wysheid, geregtigheid en oordeel en billikheid te ontvang;
Afrikaans (NLV) 2011
Deur hierdie woorde sal hulle dissipline leer en weet hoe om regverdig, reg en billik op te tree.
Afrikaans 1933/1953
om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;
Afrikaans 1983
So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
om vermaning wat begrip kweek, te ontvang, begrip vir wat regverdig en billik en reg is;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en dit leer vir jou om te luister wanneer iemand vir jou die regte dinge leer oor wat goed en reg en regverdig is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
dit wil jou die kuns van die lewe aanleer, jou met ’n gedissiplineerde lewenstyl help. Dit wil jou leer wat reg en billik is.