Proverbs 1:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die afkeer van die eenvoudiges sal hulle doodmaak, en die voorspoed van die dwase sal hulle vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011
“Dwase draai van my af weg na die dood toe. Die gekke se dwaling kos hulle die dood. Deur hulle selfvoldaanheid word die dwase vernietig.
Afrikaans 1933/1953
Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;
Afrikaans 1983
“Die onkundiges se dwaling kos hulle die dood, die dwase word vernietig deur hulle selfversekerdheid,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, die ongeërgdheid van onverstandiges kos hulle dood; die selfversekerdheid van dwase vernietig hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, mense wat min weet, sterf omdat hulle nie wil luister nie, dwase gaan dood omdat hulle tevrede is met hulleself.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dom mense loop hulle in die dood vas. Hulle is so selfversekerd, maar hulle word vernietig.