Proverbs 1:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar wie na My luister, sal veilig woon en stil wees van vrees vir die onheil.
Afrikaans (NLV) 2011
Elkeen wat na my luister, sal veilig wees. Vir rampe hoef hy nie bang te wees nie.”
Afrikaans 1933/1953
maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.
Afrikaans 1983
maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar wie na my luister, sal veilig woon; hulle sal rustig wees, sonder die verskrikking van onheil.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die mense wat na my luister, woon veilig, hulle is nie bekommerd nie, hulle is nie bang dat dit sleg sal gaan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Wie die wysheid ernstig opneem, is ’n gelukkige mens. Hy sal veilig voel en geen angs vir die lewe hê nie.”