Proverbs 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Om aan die eenvoudiges listigheid te gee, aan die jongman kennis en oorleg.
Afrikaans (NLV) 2011
Iemand wat nog onervare is, sal verstandig word. Die spreuke sal jongmense kennis gee en onderskeidingsvermoë.
Afrikaans 1933/1953
om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg;
Afrikaans 1983
Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word, jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
om onkundiges vernuf aan te leer, jongmense kennis en goeie oordeel
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Spreuke maak jong mense wat baie min weet, verstandig, sodat hulle sal weet wat die regte dinge is om te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit wil jou insig gee. Dan sal jy ’n goeie aanvoeling hê vir wat reg en gepas is in elke omstandigheid waarin jy beland. Dit wil onervare gelowiges leer hoe om reg te leef. Vir jongmense ook.