Proverbs 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die vrees van die HERE is die begin van kennis, maar dwase verag wysheid en tug.
Afrikaans (NLV) 2011
Kennis begin met eerbied vir die Here, net dwase verag wysheid en dissipline.
Afrikaans 1933/1953
Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.
Afrikaans 1983
Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ontsag vir die Here is die begin van kennis; wysheid en vermaning – net sotte verag dit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet gehoorsaam wees aan die Here en jy moet Hom respekteer. As jy dit doen, dan is jy regtig slim. Dit is dwase wat dink dit is nie belangrik om wysheid te hê en om te leer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Lewensgeluk begin by liefde vir die Here. Sonder liefde is daar geen lewensvreugde nie. Iemand wat die Here nie liefhet nie en ook nie weet hoe om reg te leef nie, is dom. Hy verag ook al die spreuke.