Proverbs 11:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy wat borg is vir 'n vreemdeling, sal daarvoor slim wees; en hy wat borg haat, is seker.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is gevaarlik om vir ’n vreemdeling borg te staan; dit is veiliger om daarvoor nee te sê.
Afrikaans 1933/1953
Baie sleg word iemand behandel as hy vir 'n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.
Afrikaans 1983
Dit gaan sleg met hom wat vir iemand borg staan; die man wat weier om borg te staan, is veilig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Iemand sal beslis skade ly wanneer hy vir 'n vreemde borg staan; wie 'n weersin het in die gee van handdrukke, is veilig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit sal sleg gaan met 'n persoon wat borg staan vir iemand, 'n persoon wat nie wil borg staan nie, is veilig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Iemand wat sommerso vir ’n vreemde borg staan, kan finansieel swaarkry. Hy wat dit haat om borg te staan, se geld is veilig in die bank.