Proverbs 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
om jou te verlos van die vreemde vrou, van die vreemdeling wat vlei met haar woorde;
Afrikaans (NLV) 2011
Die wysheid sal jou weghou uit die kloue van ’n slegte vrou. Dit sal jou spaar van die verleidelike woorde van ’n vreemde vrou.
Afrikaans 1933/1953
om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei
Afrikaans 1983
Die wysheid sal jou weghou van die slegte vrou af, die vrou met die verleidelike praatjies,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en om jou te red van 'n vreemde vrou, van die uitlander met haar vleitaal,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As jy luister na my, dan sal dit jou red van die slegte vrou, 'n ander man se vrou wat jou wil verlei,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Wyse lewenshouding sal ’n jongman teen ’n los vrou beskerm, veral teen haar wat hy van geen kant af ken nie en wat hom met haar woorde wil probeer verlei.