Proverbs 2:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Niemand wat na haar toe gaan, keer terug nie, en hulle gryp nie die paaie van die lewe nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Mense wat agter haar aangaan, kom nooit weer terug nie; hulle kom nooit weer op die paaie van die lewe nie.
Afrikaans 1933/1953
almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie
Afrikaans 1983
Mense wat na haar toe gaan, kom nie een terug nie; hulle kom nie weer op die paaie van die lewe nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Almal wat na haar gaan – hulle keer nie terug nie, hulle bereik nie weer die paaie van die lewe nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Mense wat na haar toe gaan, kom nie terug nie, hulle kom nie weer op die pad van die mense wat lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wie met haar gemeenskap het, sink in ’n donker put weg. Hy sal geestelik sterf. Sy lewenskoers is hy vir altyd kwyt.