Proverbs 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy bêre gesonde wysheid vir die regverdiges; Hy is 'n skild vir die wat opreg wandel.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy laat hulle wat reg leef, sukses behaal. Hy is ’n skild vir hulle wat hulle pad suiwer hou.
Afrikaans 1933/1953
en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel
Afrikaans 1983
Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vir die opregtes hou Hy vindingrykheid in bewaring, as 'n skild vir hulle wat onberispelik leef,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy gee vir eerlike mense ware wysheid, Hy beskerm mense wat heeltemal reg lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy gaar arms vol wysheid vir die gelowige op. Dit is net vir ons bedoel vir wie die Here liefhet. Soos ’n skild sal dit ons teen slegte dade beskerm. Dit sal ons aanspoor om gelukkig te leef.