Proverbs 20:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die heerlikheid van jongmanne is hulle sterkte, en die skoonheid van ou mense is die grys kop.
Afrikaans (NLV) 2011
Jong manne se mooiheid lê in hulle krag. Dit is hulle grysheid wat oumense mooi maak.
Afrikaans 1933/1953
Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, en die versiersel van grysaards is grys hare.
Afrikaans 1983
Die trots van jongmanne lê in hulle krag; die versiering van oumense is hulle grysheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die roem van jong manne is hulle krag, en die luister van oumense is grys hare.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jongmanne is mooi omdat hulle sterk is, oumense is mooi omdat hulle grys hare het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Fisieke krag is ’n jongman se trots. ’n Gryskop se krag is sy kennis van die lewe.