Proverbs 22:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wees nie een van die wat hande slaan of van die wat borge vir skulde is nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Moenie borg staan vir iemand nie. Moenie instaan vir ander se skuld nie.
Afrikaans 1933/1953
Wees nie onder die wat 'n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie.
Afrikaans 1983
Moenie een van dié wees wat borg staan nie, moenie instaan vir ander se skulde nie:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moenie onder dié wees wat hand gee, wat vir skulde borg staan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moenie soos ander mense vir iemand borg staan nie, jy moenie belowe om sy skuld te betaal as hy dit nie kan betaal nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dink mooi voordat jy ’n kontrak sluit. Moenie vir ander se skuld borg staan nie. Jy kan in groot skuld beland.