Proverbs 29:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
'n Dienskneg sal nie met woorde gestraf word nie, want al verstaan hy, sal hy nie antwoord nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy kan nie ’n slaaf net met woorde op die regte pad hou nie. Hy sal verstaan wat jy sê, maar tog nie na jou luister nie.
Afrikaans 1933/1953
Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie.
Afrikaans 1983
Met woorde alleen laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; hy verstaan wat jy sê, maar hy reageer nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Deur woorde alleen laat 'n slaaf hom nie bestraf nie; al verstaan hy dit, hy reageer nie daarop nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit help nie om net te praat met 'n slaaf nie, hy verstaan wat jy sê, maar hy doen nie wat jy wil hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Iemand wat vir jou werk, luister nie altyd na wat jy sê nie. Hy verstaan wat jy sê, maar hy steur hom eenvoudig nie aan jou nie.