Proverbs 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
My seun, vergeet my wet nie; maar laat jou hart my gebooie bewaar.
Afrikaans (NLV) 2011
My seun, moenie vergeet wat ek jou geleer het nie. Hou vas aan my opdragte.
Afrikaans 1933/1953
My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;
Afrikaans 1983
My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My seun, my onderrig moet jy nie vergeet nie, en my gebooie – jou hart moet daarby hou;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My seun, jy moenie vergeet wat ek vir jou leer nie, jy moet onthou wat ek vir jou sê,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jong vriend, luister na my raad. Dink mooi oor die alledaagse lewe na. Dink wat jy op die regte oomblik moet sê en wat jy moet doen, wie en wat jy eerder moet vermy. ’n Wyse manier van leef het groot waarde.