Proverbs 3:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
My seun, verag die tugtiging van die HERE nie; wees ook nie moeg vir sy teregwysing nie.
Afrikaans (NLV) 2011
My seun, moenie dit verontagsaam wanneer die Here jou reghelp nie. Moenie jou verset wanneer Hy jou teregwys nie.
Afrikaans 1933/1953
My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
Afrikaans 1983
My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die vermaning van die Here, my seun, moet dit nie verwerp nie, en moenie 'n afkeer hê van sy teregwysing nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My seun, die dinge wat die Here vir jou leer, moet vir jou belangrik wees, jy moenie opstandig wees wanneer Hy jou straf nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Soms ervaar jy hartseer en teleurstelling. Soms is jy kwaad vir die Here. Moet Hom egter nooit in jou woede vloek of verwyt nie. Soos ’n goeie pa soms met sy geliefde seun raas, so maak die Here ook met ons.