Proverbs 3:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sy is 'n boom van die lewe vir die wat haar aangryp, en gelukkig is elkeen wat haar vashou.
Afrikaans (NLV) 2011
Vir dié wat daaraan vashou, is dit ’n boom van die lewe. Hulle wat daarop steun, is geseënd.
Afrikaans 1933/1953
Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.
Afrikaans 1983
Dit is 'n bron van lewe vir wie dit aangryp, dit gaan goed met dié wat daaraan vashou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Boom van lewe is sy vir hulle wat haar aangryp, en hulle wat haar vashou, word elkeen gelukkig genoem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wysheid is soos 'n boom. As jy vashou aan die wysheid, dan hou jy vas aan 'n boom wat lewe gee. Die mens wat aan die wysheid vashou, is 'n gelukkige mens.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wysheid is soos ’n boom. Wie daaronder skuil, vind vreugde. Wysheid is die belangrikste in die lewe. Selfs God het alles met wysheid geskep.