Proverbs 3:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So sal hulle lewe vir jou siel wees en genade vir jou nek.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit sal jou lewe verryk en eer en agting vir jou bring.
Afrikaans 1933/1953
dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals;
Afrikaans 1983
dit sal vir jou 'n mooi lewe verseker en soos 'n pragtige halssnoer vir jou wees;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit sal lewe wees vir jou wese, 'n sieraad vir jou nek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As jy met wysheid lewe, dan sal jy 'n lang en 'n mooi lewe hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dié twee sal jou gelukkig maak. Hulle sal jou lewe versier.