Proverbs 3:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Moenie bang wees vir skielike vrees, of vir die verwoesting van die goddelose as dit kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy hoef nie bang te wees dat teëspoed jou skielik sal tref nie. Die rampe vir slegte mense bedoel, sal nie oor jou kom nie.
Afrikaans 1933/1953
Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;
Afrikaans 1983
Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy hoef nie bang te wees vir 'n onverwagte verskrikking, of vir die teenspoed van goddeloses wanneer dit kom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moenie bang wees dat dit skielik sleg sal gaan met jou nie. Wanneer die stormwinde begin waai oor die mense wat verkeerd doen, dan moet jy nie bang wees dat hulle ook oor jou sal waai nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie vir ’n skielike krisis of ramp skrik nie. Dikwels is dit net bedoel vir slegte mense wat nie die Here liefhet nie. Jy weet mos die Here is altyd by jou.