Proverbs 3:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waarlik, Hy spot die spotters, maar aan die geringes gee Hy genade.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy dryf die spot met mense wat ander spot. Hy is goed vir hulle wat nederig is.
Afrikaans 1933/1953
As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.
Afrikaans 1983
Met hooghartige spotters dryf Hy die spot, maar Hy is goed vir dié wat beskeie is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Met spotters spot Hy self, maar aan magteloses skenk Hy genade.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer mense dink dat hulle vir ander mense kan spot, dan spot die Here vir húlle. Wanneer mense weet dat hulle nie hulleself kan help nie, dan is die Here goed vir hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Met hulle wat baie van hulleself dink, spot die Here. Hy lag lekker vir hulle. Hulle wat egter nederig is en uit sy hand leef, het Hy oneindig lief.