Proverbs 31:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat, my seun? en wat, die seun van my skoot? en wat, die seun van my geloftes?
Afrikaans (NLV) 2011
My seun, my kind wat ek in die wêreld gebring het, oor wie ek ’n gelofte afgelê het,
Afrikaans 1933/1953
Wat, my seun, ja wat, seun van my skoot, ja wat, seun van my geloftes, sal ek sê?
Afrikaans 1983
My seun, my kind wat ek in die wêreld gebring het, oor wie ek 'n gelofte gedoen het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moenie, my seun, ja, moenie, seun van my skoot, ja, moenie, seun van my geloftes,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My kind, my eie kind, ek het 'n gelofte oor jou gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My kind, wat sal ek vir jou sê? Jy wat ek in die lewe gebring het. Jy, my gebedskind, wat ek van die Here afgesmeek het.