Proverbs 31:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Krag en eer is haar klere; en sy sal bly wees met die tyd wat kom.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy het innerlike krag en waardigheid. Sy is nie bekommerd oor die toekoms nie.
Afrikaans 1933/1953
Ajin. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.
Afrikaans 1983
Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Krag en luister is haar bokleed; sy lag onbesorg oor die toekoms.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy is 'n sterk en 'n netjiese vrou, sy is nie bekommerd oor wat later sal gebeur nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy is geestelik sterk en tree altyd waardig op. Vir die toekoms is sy nie bang nie.