Proverbs 4:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verwyder 'n verkeerde mond van jou af, en verdraaide lippe ver van jou af.
Afrikaans (NLV) 2011
Moenie lelike dinge sê nie. Bly ver weg van lawwe praatjies.
Afrikaans 1933/1953
Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.
Afrikaans 1983
Weerhou jou van leuens, moenie mense mislei nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Bly weg van 'n mond wat valsheid verkondig, en slinkse lippe, hou dit ver van jou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moenie leuens vertel nie, jy moenie mense bedrieg nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vermy dom praatjies en leuens en glibberige woorde.