Proverbs 6:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom sal sy onheil skielik kom; skielik sal hy gebreek word sonder genesing.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar so ’n mens se ondergang kom baie skielik. Hy stort in duie en niks kan hom dan red nie.
Afrikaans 1933/1953
Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.
Afrikaans 1983
So 'n mens se ondergang kom skielik; hy stort ineen, en daar is nie herstel nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom, onverwags kom sy teenspoed – plotseling word hy verpletter, sonder herstel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom, dit sal skielik sleg gaan met hom, hy sal vinnig seerkry, en niemand sal hom help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Skielike ramp sal hom nog tref. In ’n oogwink sal hy byna vernietig word. Hy sal nooit weer regkom nie.