Proverbs 8:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
My vrugte is beter as goud, ja, as fyn goud; en my inkomste as uitsoeksilwer.
Afrikaans (NLV) 2011
Wat ek gee, is beter as die suiwerste goud. My beloning is beter as die suiwerste silwer.
Afrikaans 1933/1953
My vrug is beter as goud en as fyn goud, en my opbrings as uitgesoekte silwer.
Afrikaans 1983
Wat ek vir jou lewer, is beter as goud, selfs fyn goud; wat ek inbring, is meer werd as die suiwerste silwer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My vrugte is beter as goud, as fyngoud, my opbrengs beter as uitgesoekte silwer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek gee vir mense dinge wat beter is as goud, beter ook as goeie goud, beter as die beste silwer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Selfs die suiwerste goud en die duurste silwer kan dit nie koop nie.