Proverbs 8:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe was ek by hom, soos 'n mens by hom grootgemaak het;
Afrikaans (NLV) 2011
Soos ’n boumeester was ek elke dag langs Hom. Ek was elke dag sy vreugde. Die hele tyd het ek dit by Hom geniet.
Afrikaans 1933/1953
toe was ek 'n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,
Afrikaans 1983
Ek het my kennis by Hom gekry, ek was elke dag sy vreugde; die hele tyd het ek dit by Hom geniet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
was ek 'n lieflingskind aan sy sy – ek was dag ná dag sy vreugde, terwyl ek die hele tyd voor Hom speel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het alles by Hom geleer wat ek weet, Hy was elke dag bly dat ek daar is, dit was vir my lekker om altyd naby Hom te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wysheid was vir God soos ’n lieflingskind. Dag vir dag het Hy haar geniet. Soos ’n vrolike, huppelende kind het die wysheid die hele aarde vol gespeel.