Psalms 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sal wees soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat sy vrugte dra op sy tyd; ook sal sy blaar nie verdor nie; en alles wat hy doen, sal voorspoedig wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy is soos ’n boom geplant langs waterstrome, wat vrugte dra op die regte tyd. Sy blare verwelk nie; in alles wat hy doen, is hy voorspoedig.
Afrikaans 1933/1953
En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.
Afrikaans 1983
Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So iemand sal wees soos 'n boom geplant langs watervore, wat sy vrugte op sy tyd gee en waarvan die blare nie verdor nie. Alles wat hy aanpak, gedy.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
So 'n mens sal wees soos 'n boom wat langs 'n waterstroom groei, 'n boom wat vrugte dra op die regte tyd, en wat blare het wat altyd groen is. Dit gaan goed met alles wat hy doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom is jy soos ’n groot boom wat stewig langs die water staan. Hierdie boom dra op die regte tyd baie vrugte en sy blare bly groen. Sy grootheid skyn helder in alles wat jy doen. Daarom gaan dit baie goed met jou.