Psalms 10:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
HERE, U het die begeerte van die nederiges gehoor; U sal hulle hart voorberei, U oor laat hoor.
Afrikaans (NLV) 2011
Here, U hoor die smeking van die hulpeloses. U sal hulle gerusstel en hulle gebede verhoor.
Afrikaans 1933/1953
HERE, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister
Afrikaans 1983
U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here. U gee hulle nuwe moed. U verhoor hulle gebed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U het gehoor wat die verdruktes graag wil hê, Here. U versterk hulle harte, U oor luister aandagtig
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, U het gehoor wat die mense wil hê, die mense wat hulleself nie kan beskerm nie. U laat hulle weer sterk word, U luister na hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, U hoor alles wat hulpelose mense vir U vra. U gee vir hulle nuwe krag. U hoor as hulle met U praat.