Psalms 101:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
('n Psalm van Dawid.) Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot eer van U, HERE, wil ek sing.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek wil sing van u trou en geregtigheid. Here, ek wil U met liedere prys.
Afrikaans 1933/1953
Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o HERE!
Afrikaans 1983
Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van u troue liefde en u geregtigheid, ek wil 'n lied sing tot u eer, Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Van Dawid. 'n Psalm. Oor troue liefde en oor regspraak wil ek sing; U, Here, wil ek besing.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Van Dawid. 'n Psalm. Here, ek wil sing oor U wat altyd doen wat U belowe, oor U wat altyd reg oordeel. Ek wil vir U sing.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek wil sing van u liefdevolle goedheid en u regverdigheid. Ek wil liedere sing oor hoe groot en belangrik U is.