Psalms 102:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jy sal opstaan en jou oor Sion ontferm, want die tyd om haar te behaag, ja, die vasgestelde tyd, het aangebreek.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar U, Here, sal vir altyd regeer. U bly onthou van geslag tot geslag.
Afrikaans 1933/1953
Maar U, o HERE, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.
Afrikaans 1983
U, Here, U heers vir altyd, U is daar van geslag tot geslag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar U, Here, U heers vir ewig; u gevierde Naam duur van geslag tot geslag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar, Here, U is altyd Koning, elke geslag ken u Naam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, U heers vir altyd. U is altyd daar.