Psalms 102:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom sal die nasies die Naam van die HERE vrees, en al die konings van die aarde u heerlikheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Want u dienaars het elke klip daarvan lief, en ontferm hulle selfs oor die puin.
Afrikaans 1933/1953
Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.
Afrikaans 1983
Ons, u dienaars, het elke klip van Sion lief, ons is bewoë oor sy puin.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Haar klippe is immers kosbaar vir u diensknegte, hulle is begaan oor haar puin.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sion is nou net hope klippe en stof, maar ons, u dienaars, is lief en jammer vir die stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons is lief vir die stad waar u woonplek is. Alles in Jerusalem is platgeslaan. Maar U sal dit weer opbou.