Psalms 102:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle sal vergaan, maar jy sal standhou; ja, hulle sal almal soos 'n kleed oud word; soos 'n kleed moet jy hulle verander, en hulle sal verander word.
Afrikaans (NLV) 2011
In die begin het U die aarde gevestig; die hemele is die werk van u hande.
Afrikaans 1933/1953
In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.
Afrikaans 1983
In die voortyd al het U die aarde gevestig en die hemele met u eie hande gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Voor alle tye het U die aarde gevestig; die hemel is die werk van u hande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Lank gelede het U die aarde vas laat staan, en U het self die hemel gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In die begin het U die aarde gevorm. Ook die hemel het U self gemaak.