Psalms 102:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die kinders van U dienaars sal bly, en hulle nageslag sal voor U vasstaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar U is altyd dieselfde; u jare ken geen einde nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie. [ (Psalms 102:29) Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan. ]
Afrikaans 1983
Maar U bly dieselfde, u jare het geen einde nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar U bly dieselfde, u jare sal nie tot 'n einde kom nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar U bly altyd dieselfde, U lewe vir altyd.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar U is altyd daar. U jare kan nie in tyd gemeet word nie. U het geen begin of einde nie.”