Psalms 102:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ek het as geëet soos brood en my drank gemeng met geween,
Afrikaans (NLV) 2011
My vyande beledig my dag na dag. Hulle spot en vloek my.
Afrikaans 1933/1953
Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as 'n vloek.
Afrikaans 1983
Die dae deur verneder my vyande my. Dié wat my so verkleineer, gebruik my naam as 'n vloekwoord.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die hele dag dryf my vyande die spot met my; dié wat met my die gek skeer, gebruik my naam in verwensings.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My vyande spot my die hele dag, die mense wat my beledig, sê my naam wanneer hulle ander mense wil vervloek,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Mense wat niks van my hou nie, lag my uit. Hulle spot met my. Hulle gebruik my naam as ’n vloekwoord.