Psalms 105:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sing tot eer van hom, psalmsing tot eer van hom; vertel van al sy wonderdade.
Afrikaans (NLV) 2011
Sing vir Hom, sing tot sy eer! Vertel van sy wonderdade aan almal.
Afrikaans 1933/1953
Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.
Afrikaans 1983
Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sing vir Hom, besing Hom! Praat met oorgawe oor al sy wonderwerke.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet sing vir Hom, julle moet musiek maak vir Hom, julle moet praat oor al sy wonderwerke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sing liedere, maak die Here se Naam groot. Jubel oor al die groot dinge wat Hy elke dag doen.