Psalms 106:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So is hulle dan met hul eie werke verontreinig en met hul eie versinsels gehoereer.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie dade het hulle onrein gemaak, net soos iemand wat egbreuk pleeg.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereer deur hul dade.
Afrikaans 1983
Die volk het hulle verontreinig deur hulle optrede en het troubreuk gepleeg deur hulle dade.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het •onrein geword deur daardie gebruike; hulle het troubreuk gepleeg deur hulle dade.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het onrein geword oor die dinge wat hulle gedoen het, hulle was ontrou aan God, hulle het baie verkeerde dinge gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat hulle gedoen het, het die Here gewalg. Soos sedelose vroue het hulle agter elke nuwe sonde op die mark aangehardloop.