Psalms 107:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het op 'n eensame weg in die woestyn rondgedwaal; hulle het geen stad gevind om in te woon nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Sommige mense het in ’n dorre land rondgedwaal, in ’n woesteny; maar die pad na ’n bewoonde stad kon hulle nie kry nie.
Afrikaans 1933/1953
Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; 'n stad om in te woon het hulle nie gevind nie.
Afrikaans 1983
Party was verdwaal in die woestyn, in 'n barre wêreld, en kon die pad na 'n bewoonde stad nie kry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het in die woestyn rondgedwaal, in die wildernis was hulle op pad; 'n stad, 'n woonplek, kon hulle nie kry nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Party mense het verdwaal in wilde plekke, hulle kon nie die pad kry na 'n stad waar mense woon nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Party mense sukkel in die lewe; hulle weet nie watter kant toe nie. Dis of hulle in die woestyn verdwaal het. Nêrens kan hulle rus vind nie. Hulle wil graag gelukkig wees.