Psalms 108:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God het in sy heiligheid gespreek; Ek sal jubel, Ek sal Sigem verdeel en die dal Sukkot afmeet.
Afrikaans (NLV) 2011
Red ons met u krag en help ons sodat U u geliefde volk kan red.
Afrikaans 1933/1953
Dat u bemindes gered kan word -- verlos deur u regterhand en verhoor ons!
Afrikaans 1983
Verlos ons deur u groot mag, en help ons, sodat hulle vir wie U liefhet, gered kan word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
sodat u geliefdes gered kan word. Verlos tog met u regterhand en antwoord my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet nou u hand optel en ons red, U moet doen wat ek vra, sodat ons, die mense vir wie U lief is, vry kan word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Red al u geliefde kinders met u krag, Here. Help ons!