Psalms 109:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek is weg soos 'n skaduwee as dit daal; ek word op en af geslinger soos 'n sprinkaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Soos ’n skadu wat lank word, so kwyn ek weg. Ek is soos ’n sprinkaan wat afgeskud word.
Afrikaans 1933/1953
Ek gaan heen soos 'n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos 'n sprinkaan.
Afrikaans 1983
Soos 'n skaduwee wat lank word, is my einde naby, en ek word weggevee soos 'n sprinkaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soos 'n skaduwee wat lank word, gaan ek heen; ek word afgeskud soos 'n treksprinkaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek is besig om te verdwyn soos 'n skaduwee wat lank word, soos 'n sprinkaan wat afval wanneer iemand dit afskud van sy klere.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek is besig om stadig dood te gaan. Daar is niks waaraan ek kan vashou nie.