Psalms 118:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die regterhand van die HERE is verhewe, die regterhand van die HERE doen dapper krag.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here se regterhand is triomfantlik omhoog. Die Here se regterhand het roemryke dinge gedoen.
Afrikaans 1933/1953
Die regterhand van die HERE verhef; die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
Afrikaans 1983
die Here triomfeer, die Here doen kragtige dade!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die regterhand van die Here is hoog gelig; die regterhand van die Here doen kragtige dade.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het sy hand hoog opgetel, Hy het hulle ver laat wen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle praat oor hoe Hy hulle help. Hy is baie sterk. Hy doen ongelooflike dinge. Die Here se kinders wen, want die Here is baie sterk.