Psalms 119:126 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is tyd vir U, HERE, om te werk, want hulle het U wet tot niet gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Dis tyd dat U optree, Here, want hulle het u gebooie oortree.
Afrikaans 1933/1953
Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek.
Afrikaans 1983
Dit is tyd dat die Here ingryp teen dié wat sy wet oortree.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is tyd vir die Here om op te tree – hulle maak u wet kragteloos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, U moet nou iets doen aan die mense wat nie doen wat U vir ons geleer het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, vat daardie spul vas wat u wet oortree.