Psalms 119:130 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die ingang van u woorde gee lig; dit gee verstand aan die eenvoudiges.
Afrikaans (NLV) 2011
Begrip van u woord bring lig; dit gee insig aan die eenvoudige.
Afrikaans 1933/1953
Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.
Afrikaans 1983
Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As u woorde oopgaan, gee dit lig; dit gee insig aan onkundiges.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer mense verstaan wat U gesê het, dan is dit vir hulle soos 'n lig, dit wys vir jongmense wat hulle moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wanneer u Woord vir mense oopgaan, word hulle hele lewe verlig, dit vul gewone mense met wysheid.