Psalms 119:155 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die verlossing is ver van die goddelose, want hulle soek U insettinge nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Bose mense is ver van redding, want hulle steur hulle nie aan u voorskrifte nie.
Afrikaans 1933/1953
Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie.
Afrikaans 1983
Vir die goddeloses is daar nie uitkoms nie, want hulle steur hulle nie aan u voorskrifte nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Verlossing bly ver van goddeloses, want hulle streef nie u voorskrifte na nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U sal nie die mense red wat verkeerd lewe nie, want hulle probeer nie om te doen wat u wette sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Goddelose mense staan g’n kans om ooit gered te word nie, want hulle steur hulle nie aan wat U sê nie.