Psalms 119:163 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek haat en verafsku leuens, maar u wet het ek lief.
Afrikaans (NLV) 2011
Alle valsheid haat en verafsku ek, maar u gebooie het ek lief.
Afrikaans 1933/1953
Leuens haat ek en het daar 'n afsku van; u wet het ek lief.
Afrikaans 1983
Ek haat en verafsku leuens, maar u wet het ek lief.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek haat en verafsku valsheid, maar u wet het ek lief.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek haat dit wanneer mense vals is, ek hou niks daarvan nie. Ek is lief vir wat U vir ons geleer het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek haat leuens, maar u wet, dit het ek lief met alles binne-in my.